Ek is ook dol oor kleur! Nadat ek die pragtige foto van die gehekelde kombers in die September uitgawe gesien het, moes ek dié wat ek gehekel het met die lesers deel. Ek is verlede jaar in 'n warboel van emosies gedompel nadat die dokters my meegedeel het dat ek kanker het. Daar en dan het ek begin om 'n resepte boek van ons familie se geliefkooste resepte en staaltjies van familie lewe to skryf – maar slegs vir my drie seuns en hulle vrouens. Iets om oor te lag in die jare wat kom. Gepaard daarmee het ek gedurende Chemo ook my kombers gehekel. Met elke blokkie van kleur het ek die Here bedank vir die goeie dae, my familie, my werk as onderwyseress, my tuiste en die baie se?ninge wat ek deur die jare ontvang het. Natuurlik het ek ook gebid dat ek sal sou oorleef. Vandag put ek baie genot uit my kombers en kook ek nog volstoom lekker in my kombuis. Ja, en die hare het weer gegrooi, maar dit alles net met opregte dank aan ons hemelse Vader!

Sien ander hoekies/vertrekke