Vakansiebesoekers en plaaslike entoesiaste kan hulle smullus opsaal vir ‘n smaakavontuur soos min wanneer die bus pad vat na sy eerste bestemming, Die Huis van JC Le Roux, waar ‘n vonkelende trio van verlustigings wag. Die JC Le Roux Brut sal voorgesit word met ‘n vegetariese Kaliforniese rolletjie, gevolg deur ‘n glasie Pinot Noir 2008 met vars oesters, waarna die JC Le Roux La Vallée, bedien met ‘n Bobotie truffel, jou in die regte stemming sal kry vir jou tweede stop. Die dag lyk sommer heel rooskleurig by die Devonvallei Hotel waar die SylvanVale Rosé met eend prosciutto op ‘n aartappel-rosti met geglaseerde appelwiggies en bedruip met ‘n rosé-en-heuningreduksie bedien sal word. Die Ghost Tree Sauvignon Blanc is volgende op die spyskaart saam met handgemaakte tortellini met ‘n hemelse vulsel van garnale en monkvis. Die derde kelderskat wat bedien sal word saam met ‘n asemrowende uitsig oor die skilderagtige Devonvallei is die SylvanVale Pinotage Reserve wat geniet sal word met ‘n falafel-slaai van seisoenale smake, jalapeno hummus en vars plaasbrood. Die derde stop op hierdie unieke kelder-tot-kelder kuier is Brenaissance wat jou uitnooi na hul nuwe Café Blanc de Noir restaurant vir ‘n interaktiewe Wyn & Pizza Ervaring wanneer die landgoed se wyne meesterlik met ‘n keurspel tuisgemaakte pizzas voorgesit en geniet sal word. Die smaakvolle safari sluit op ‘n dekadente hoë noot by Middelvlei af waar brandewyn-piesangs op die kole en vanieljeroomys salige lafenis sal bring saam met die landgoed se bekende Free Run Pinotage en so paar ander verrassings uit hulle wynversameling. Die Devonvallei Safari Middagete kos R250 per persoon en sluit al die wyne en geregte op die dag in. Die avontuurbus sal belangstellendes by Middelvlei om 10.30 optel en na en van die onderskeie stopplekke vervoer. Vir navrae en besprekings skakel Middelvlei Wynlandgoed by Tel: (021) 883 2565 of stuur ‘n epos na info@middelvlei.co.za. Hierdie eksklusiewe ervaring is beperk tot slegs 30 persone so maak seker jy bespreek nou al jou sitplek. Somer in Stellenbosch Vallei 2012 is ‘n vakansie vermaak op sy beste, aangebied deur deelnemende wynplase in die Stellenbosch Vallei – ‘n sub-roete van die Stellenbosch American Express® Wynroetes. Vanjaar se program bied allerhande aktiwiteite, onder andere interessante proeë, markte en selfs ‘n loslit braai-makietie of twee vir familie en vriende om die gasvryheid en natuurskoon van die vallei te geniet vanaf 8 tot 17 Desember 2012. Vir meer inligting oor die 2012 Somer in Stellenbosch Vallei skakel die Stellenbosch American Express® Wynroetes by Tel: (021) 886 8275, stuur ‘n epos aan events@wineroute.co.za of besoek www.wineroute.co.za. Jy kan ook Somer in Stellenbosch Vallei volg op Twitter @SBoschValley of Facebook.