Ons moderedakteur Amaria Carstens kies haar 3 mooiste rokke by die SAG-toekennings.

Lupita Nyong’o

Die 31-jarige Oscar-wenner se rooitapyt-keuse is altyd interessant. En vir die SAG-toekennings het sy weer almal aangenaam verras.

Twee van die groot trends vir 2015 is vertikale strepe en blomme - en Lupita het albei dié trends met haar Elie Saab-ontwerp omarm.

FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

Keira Knightley

Die swanger aktrise Keira Knightley het haar baba-magie met ’n dieppers Erdem-rok gevlei.

FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

Reese Witherspoon

Die 38-jarige Reese se wit Armani-rok het haar soos ’n handskoen gepas. Die blinker-detail om haar neklyn en mou verleen die regte hoeveelheid glans.

10/10 vir dié minimalistiese voorkoms!

one use FOTO: Stefanie Keenan/WireImage via Image.net

En ... kyk hoe mooi!

Kyk hoe mooi het dié TV-ma-en-dogter-paar gelyk!

Julie Bowen en Sarah Hyland van Modern Family het op die rooi tapyt geskitter in hul rokke met vroulike detail.

one use FOTO: John Sciulli/WireImage via Image.net

Lees ook