Die handelsnaam wat vernoem is na die Suid-afrikaanse oudpresident se gevangenisnommer op Robben-eiland, gaan binnekort aanlyn beskikbaar wees in Amerika sowel as Kanada.  Die ontwerper van die mansdrag het gesê dat die idee agter die 46664-reeks is om globaal bekend te word.

Die jongste klerereeks, geinspireer deur Mandela se liefde vir die letterkunde, sal eers ongeveer Februarie 2013 op winkelrakke beskikbaar wees.  Die handelsnaam hoop om volgende uit te brei na lande soos Brasilië, Angola, Portugal en Mosambiek.