FOTO BO: Tawwe speurder Elle Fourie in die dramareeks Vloeksteen*, maar gemaklik met Forevermark-diamante (sien bl. 32) vir ons voorblad. Sy bestempel die rol van Elle as fassinerend.

* Vloeksteen 2 begin April 2013 op kykNET.

Vroegoggend tot skemeraand het die span gewerk om die voorblad en binnefoto’s vir Erica se artikel te neem. Toe die son sy lang strale oor die vliegveld gooi, is ligte gebruik om klaar te skiet.

Op die Jack Taylor-vliegveld by Krugersdorp


Klere perfek gekies vir Erica se styl. Dit het juis die lang dag van skiet makliker gemaak, sê sy. Haarkrullers en perfekte ooggrimering was ook deel van die fotosessie.

Die finale afronding aan haar grimering word gedoen

Erica en die span, van links: Sabie Botha, fotograaf se assistent, Erica, haarstilis Karen van Wyngaard, grimeerkunstenaar Lesley Whitby, SARIE se Fanie Cronjé, Martiens Steyn, eienaar van die Tiger Moth, en fotograaf Aubrey Jonsson.

Die hele span!

Die Tiger Moth doen vlugte oor ?die Wieg van die Mensdom en die Magaliesberge. ?
Prys vanaf R1 750 p.p. vir ’n halfuur. Meer inligting: 083 776 6667 of mjd.steyn@absamail.co.za

Die eerste foto's word gekiek

DIE EINDRESULTAAT!

Sien nóg pragtige foto's van enigmatiese Erica in die Augustus-uitgawe van SARIE, nou te koop!

Watter een is jou gunsteling en ons sal haar laat weet wat die meerderheid gekies het.

Die enigmatiese Erica Wessels vlieg hoog