"Spiritualiteit is vir my vasgevang in genade. Genade is eintlik so eenvoudig, tog is dit die wese van elkeen se bestaan. Die feit dat ons hiér is, mens is, Christen is, is alles net genade en dit maak dit net so onbeskryflik groot!In elke show ervaar ek daardie genade. Want dit gaan nie net oor om te show, te sing of kommin (as Flooze losbreek) te wees nie, maar om te inspireer en mense wat stil-stil in wanhoop verval het, weer hoop te gee.

Dan sien ek God se glimlag in elke kind wat grootoog na my opkyk. Ek sien dit in 'n vrou of 'n ma wat besef dat sy nie hoop in God moet verloor nie omdat Hy haar pad vol slaggate in sonneblomlande sal verander. Dis dan dat ek ten spyte van die lawwigheid stil word in God se krag en opnuut besef: Hy gee my aand na aand, show na show die krag om aan te gaan en te inspireer." - Sorina Erasmus oftewel die Flooze van 7de Laan