Talle studies wys donkersjokolade (met 75% of meer kakao) is goed vir jou. Dit kan jou bloeddruk laag hou en help teen bloedstolling.

Dus kan dit jou teen beroertes en hartaanvalle beskerm. ’n Klein blokkie (sowat 20 g) elke derde dag is ideaal vir die kardiovaskulêre voordele, volgens ’n Italiaanse studie. As jy meer eet, het dit nie bykomende voordele nie.