Klassiek, stylvol en vreesloos. Só kan die nuwe Tom Ford Aviator-sonbril (TF144) beskryf word. Klink bekend? Ja, dit klink nét soos 'n beskrywing van die wêreld se bekendste geheime agent, 007 oftewel James Bond.

Dis ook die sonbril wat Daniel Craig as Bond in die nuutste fliek, Skyfall, dra. Die fliek is nog in fliekteaters te sien en daar word reeds geluide gemaak dat hierdie die eerste Bond-fliek kan wees wat vir 'n Oscar benoem word.

Die Tom Ford sonbril wat deur OO7 gedra word

Dit sal nie die eerste keer wees wat James Bond en Tom Ford saamwerk nie. Dit is reeds die tweede agtereenvolgende Bond-fliek waaarin OO7 deur Tom Ford gestileer word.

Die sonbril is beskikbaar by Sunglass Hut (R3 550).

Tel. 021 461 7937; www.sunglasshut.com/za