Koninklik! Dié geliefde geruite patroon maak selfs vandag ’n spesiale buiging vir die koninklike troue. ’n Nuwe tartan, Royal Pride – in skakerings van koningsblou, swart, loodgrys
en silwer – is spesiaal geweef om dié groot dag te gedenk. Kate Middleton se saffierblou rok
toe sy en William die wêreld vertel het hulle gaan trou, en haar saffier-en-diamantverloofring
was die inspirasie vir die blou.