Die geruite patroon is ’n moet-hê item vir winter - en nie net in ’n vrou se klerekas nie! 

Volg die akteurs in die nuwe fliek Mooirivier, waarvan SARIE ’n trotse medie-vennoot is, se voorbeeld om dié geruite voorkoms te kry.

Tim Theron

tim theron mooirivier

Tim se sportiewe voorkoms is ideaal vir die winter. Die wit-en-blou geruite hemp en denimbroek pas perfek terwyl die bruin tekkies die voorkoms ’n unieke en moderne gevoel gee.

Fila-tekkies in bruin FILA-tekkies in bruin

Danie Putter

danie putter

Danie Putter (Hein in 7de Laan), wat ’n student in Mooirivier speel, se voorkoms pas perfek by sy karakter. Die oopknoop-hemp met ’n interessante T-hemp onder maak dié voorkoms jonk, modern en pret. Boonop beskerm die mus hom teen die winterkoue. Geruite hemde in groter patrone of helderkleurige skakerings soos rooi sal die voorkoms meer uniek maak.

Hykie Berg

hykie berg

Vir die aand kan jy ’n geruite hemp met skakerings van dieselfde kleur dra. Volg Hykie Berg se voorbeeld en kies ’n leerbaadjie vir ’n edgy voorkoms.

*Die akteurs is uit die SARIE-winkel binne spree aangetrek.

Wie se uitrusting is jóú gunsteling? Lewer kommentaar hier onder of op SARIE se Facebook- of Twitter-blad.

Nóg oor Mooirivier op SARIE.com