In die derde plek dink ons dat Cara Delevingne (hooffoto), die model oor wie die wêreld tans gaande is, pragtig gelyk het in haar lae-v-nekrok van Burberry met sy klinknael-bostuk. Sy is 'n groot gunsteling in die modebedryf en sy word vergelyk met 'n jong Kate Moss. Sy het bekendheid verwerf met Burberry se Somer 2012-advertensieveldtog.

Kort op haar hakke is Sarah Jessica Parker. Ons moet onthou dat SJP een van die min sterre is wat die punk-era van die 80's beleef het. En daarom kan ons sê dat hierdie styl-ikoon dit perfek reg gekry met haar Philip Treacy-rok en die mohawk-haarstuk.

Sarah Jessica ParkerSarah Jessica Parker

Vir die mode-span gaan die eersteplek aan Anne Hathaway. Eerstens is ons mal oor haar nuwe blonde hare en is die vintage Valentino-rok net ongelooflik.

Anne Hathaway

Vir nog foto's - klik by www.people.com

Kry dié styl uit ons SARIE-winkel binne spree:

Zenith-handsak

Leerbaadjie met Kwilt-tekstuur

Kunsleer-armband

Imaani-enkelstewels