• 100 g sagte bokmelkkaas
• 100 g beleë cheddar, gerasper
• ½ koppie grasuie, gekap
• 2 eiergele
• 2 eetlepels bruismeel
• 2 eiers, geklits
• seesout
• varsgemaalde swartpeper

Verhit oond tot 170 °C. Smeer 12 holtes van muffin-pannetjies. Krummel bokmelkkaas en verdeel tussen holtes. Strooi cheddar en grasuie bo-op. Klits eiergele, voeg meel en eiers by en meng goed. Geur met sout en peper. Gooi oor kaas in pannetjies. Plaas in oond en bak vir 20 minute of tot goudbruin. Sit warm of by kamertemperatuur voor.

*Kyk Die Nataniël Tafel elke Donderdag om 19:30 op kykNET. Die program word deur Checkers geborg.