Eet gesond vir enige kwaal en om lank te leef in hierdie week se episode van Die Nataniël tafel.

  • 225 g botter
  • 250 ml strooisuiker
  • 4 eiers, geskei
  • 375 ml fyn amandels
  • skil van 1 suurlemoen, fyngerasper
  • sap van ½ suurlemoen
  • 30 ml melk
  • 2 pruime, in skywe gesny
  • 250 ml, in kwarte gesny

Verhit oond tot 180°C. Voer medium springveerpan met waspapier. Room botter en suiker in ‘n mengbak. Voeg eiergele geleidelik by en meng goed. Roer amandels, skil, sap en melk by. Klits in ‘n aparte mengbak tot eierwitte sagte punte vorm en vou versigtig in beslag. Skep in pan. Rangskik vrugte bo-op en bak vir 40 minute. Koel af op draadrak.