Nataniël wys hoe jy jou verjaarsdag behoorlik kan vier - binne-in jou eie huis, in episode 11 van Die Nataniël Tafel.

Avokade en forel kelk

  • 100ml vars room
  • 100g mascarpone teen kamertemperatuur
  • 1 avokado
  • 1 Granny Smith-appel
  • sap van ½ suurlemoen
  • 100g gerookte forel
  • seesout
  • varsgemaalde swartpeper
  • 20g grasuie, in stukkies gesny

Meng room en mascarpone en hou eenkant. Skil avokado en sny in klein blokkies.Sny die appel in klein blokkies, meng met avokado en suurlemoensap. Roer roommengsel en helfte van grasuie by. Skeur forel in klein repies en meng by. Geur met sout en peper. Skep in 8 kleinerige glasies.Garneer met res van grasuie