Blitsvinnige resepte van Die Nataniël Tafel, episode 15

  • 1 vel skilferkorsdeeg, ontdooi
  • 30 ml groen pesto
  • 30 ml rooi pesto
  • 60 ml parmesaan
  • grof gemaalde swartpeper

Verhit oond tot 180 °C. Rol deeg uit tot 'n derde groter. Verdeel in twee reghoeke. Smeer een met rooi pesto en die ander met groen. Strooi kaas bo-oor albei en geur met swartpeper. Rol op om 'n deeg-wors te vorm en sny dun sirkels uit. Pak op 'n bakplaat en bak vir 10 tot 12 minute tot goudbruin. Bedien warm of teen kamertempratuur.