Eet gesond vir enige kwaal om lank te leef in hierdie week se episode van Die Nataniël tafel.

  • 250 ml  bruin rys
  • 125 ml wilde rys
  • 250 ml groente aftreksel
  • 400 g Geblikte gekapte tamaties
  • 1 ui, grofgekap
  • 15 ml druiwepit olie
  • knippie sout
  • 1 klein rooirissie, saadjies verwyder en gekap
  • 250 ml ertjies
  • 500 ml jong spinasies
  • grofgemaalde swartpeper
  • 50 ml vars pietersielie, gebreek

Gooi rys in kastrol en bedek met water. Voeg aftreksel by en  kook oor medium hitte totdat rys byna gaar is (voeg bietjies water by soos nodig). Voeg tamatie, rissie, ui, olie en sout by en kook tot rys gaar is. Verwyder van hitte en roer ertjies en spinasie by. Geur met swartpeper en strooi pietersielie oor. Bedien warm.