Nataniël vertel die storie agter sy resepte in episode 16 van Die Nataniël Tafel. Hierdie is sy heerlike Chorizo-brood resep

  • 200g bruismeel
  • 3 eiers
  • 100ml druiwepitolie
  • 100ml laevet melk
  • 5 ml bakpoeier
  • 1.5 ml neutmuskaat
  • 2.5 ml grofgemaalde swartpeper
  • 1 chorizo, vel verwyder
  • 2 pere, geskil en in blokkies gesny

Verhit oond tot 180°C Klits eiers, olie en melk saam. Meng meel, bakpoeier, neutmuskaat en peper saam. Meng nat beestandele hierby. . Voeg pere by en roer goed. Skep helfte van beslag in broodpannetjie en plaas chorizo bo-op. Skep orige beslag bo-op en maak gelyk. Bak in oond vir 45 minute en koel af.