Dié week wys Die Nataniël Tafel vir ons hoe om die lekkerste geregte in 'n gesonder opsie te verander. Hier word ongesond sommer vinnig gesond!

  • 250 ml bruismeel
  • 125 ml hawermout
  • 30 ml fyn kaneel
  • 375 ml suiker
  • 2 eiers
  • 750 ml gaar soetpatats, fyngemaak
  • 250 ml druiwepit-olie

Versiersel

  • 250 ml roomkaas, teen kamertemperatuur
  • 63 ml sagte botter
  • 63 m versiersuiker
  • 5 ml vanielje-ekstrak
  • 5 ml fyn kaneel

Verhit oond tot 180C. Meng meel, hawermout, suiker en kaneel. Klits eiers in 'n ander mengbak, voeg patat en olie by en meng goed. Voeg droë bestanddele by en meng goed deur. Skep in 12 voorbereide middelgroot muffinpanne. Bak vir 15 minute of tot 'n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en verwyder uit panne.

Versiersel Meng roomkaas en botter tot glad. Meng suiker by. Voeg vanielje en kaneel by. Bedek en plaas in yskas tot nodig.