• 1,5kg wit vis
  • 2 eetlepels druiwepit-olie
  • 1 knoffelhuisie, gekap
  • ½ rooirissie, saadjies verwyder en gekap
  • skil van ½ suurlemoen
  • 250 ml  witwyn
  • 250 ml gemengde olywe, ontpit
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 30 ml vars pietersielie, gekap

Verhit olie in pan, plaas vis met plat kant na bo in pan, voeg knoffel en rissie by en braai vir 1 minuut oor hoë hitte.  Draai vis om en verlaag hitte. Gooi wyn in pan, voeg olywe by en strooi skil oor vis. Geur liggies met sout. Prut oor medium hitte totdat vis gaar is (ongeveer 10 minute). Plaas vis op opdienbord. Skep olywe en sous oor. Geur met sout, sprinkel met pietersielie en bedien.