Dié week wys Die Nataniël Tafel vir ons hoe om die lekkerste geregte in 'n gesonder opsie te verander. Hier word ongesond sommer vinnig gesond!

DNT

  • 60 ml druiwepit-olie
  • 2 eiervrugte, in ringe gesny
  • 1 rooi soetrissie, saadjies verwyder en in repe gesny
  • 1 groen soetrissie, saadjies verwyder en repe gesny
  • 1 koppie swart olywe, ontpit
  • 250 g baba-tamaties, gekneus
  • 1 rooi-ui, in ringe gesny
  • sap van 1 suurlemoen
  • 800 g vars heel sardiens, skoongemaak en koppe verwyder
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 1 hand vol vars Italiaans pietersielie

Verhit oond tot 190°C. Verhit 30 ml druiwepit-olie in pan. Braai eiervrug alkant tot begin verbruin, haal uit pan en skep in oondbak. Braai soetrissie en knoffel tot sag maar nie pap nie. Verwyder uit pan en skep in oondbak. Skep olywe, tamaties en uie oor en drup suurlemoensap oor. Rangskik sardiens bo-op en bedrup met res van olie. Geur na smaak met sout en swartpeper. Bak in oond vir 15 minute. Garneer met pietersielie en sit voor met gebreekte Italiaanse brood.