• 375 ml suiker
  • 250 ml water
  • 1 bottel Altydlig rosé
  • 1 vanilla-peul, in lengte deurgesny
  • 15 ml pienk peperkorrels
  • 6 ryp (maar ferm) pere
  • 6 aarbeie, halveer

Verhit suiker, water, wyn, vanilla en peperkorrels in groot kastrol. Sny pere in helftes en plaas in stroop. Laat prut vir 10 minute of tot pere net sag is.

Verwyder pere en plaas 2 helftes in 6 poedingbakkies. Plaas aarbeie in stroop en prut vir 1 minuut. Verwyder aarbeie uit stroop en plaas 2 helftes in elke bakkie. Verwyder stroop van hitte en haal vanilla-peul uit. Gooi stroop oor pere.