• 8 roti of ander plat brood
  • 1 heel knoffel
  • 1 blikkie cannellini boontjies, gedreineer
  • ½ koppie natuurlike jogurt
  • 1 eetlepel grasuie, gekap
  • 1 eetlepel pietersielie, gekap
  • skil van ½ suurlemoen, fyn gerasper
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 300g jong tamaties

Draai knoffel toe in foelie en bak een 180°C in oond vir 50 minute. Plaas tamaties op oondplaat en bak totdat velletjies bars

Verhit roti volgens aanwysings. Laat afkoel en sny in skywe of breek in stukke, hou eenkant.

Verwerk boontjies tot purée en plaas in meng bak. Roer jogurt by, druk knoffel uit en roer by mengsel. Voeg kruie en skil by en geur met sout en peper.  Skep klein hoeveelhede jogurt op roti en plaas tamatie bo-op elkeen.