Blitsvinnige resepte van Die Nataniël Tafel, episode 15. Die week se gas, Renée Conradie, maak swart pasta

  • 1 pak swart pasta
  • 250 g gerookte forel, klein gesny
  • 200 ml room
  • sout en swartpeper

Plaas 'n pot water op die stoof en voeg sout by, bring tot kookpunt. Kook pasta in die kokende soutwater tot gaar. Plaas gaar pasta in 'n groot mengbak, voeg room en forel by. Geur met swartpeper. Bedien dadelik