In die 12de episode van die 2de reeks van Die Nataniël Tafel, wys Nataniël hoe om in en uit die mode te kook...

Viskoekies en kapok

Bolaag:

  • 1 eetlepel botter
  • 2 uie, gekap
  • 200g babaspinasie
  • sap van ½ suurlemoen
  • knippie neutmuskaat
  • seesout
  • grofgemaalde swartpeper
  • 1 teelepel mielieblom
  • 1 eetlepel water

Verhit botter in kastrol. karamaliseer uie vir 30 minute. Voeg spinasie, suurlemoensap en neutmuskaat by. Roer tot spinasie verwelk. Geur met sout en peper. Meng mielieblom en water. Roer by spinasie en laat prut tot verdik

Viskoekies:

  • 500g witvis, gevlok
  • 1 knoffelhuisie, fyngekap
  • ½ koppie creme fraiche
  •  1 ½ koppie broodkrummels
  • skil van ½ suurlemoen, fyngerasper
  • 1 eetlepel pietersielie, fyngekap
  • Blaartjies van 1 takkie tiemie
  • ¼ teelepel neutmuskaat
  • ¼ teelepel witpeper
  • seesout
  • 1 eetlepel druiwepitolie

Meng al die bestanddele saam en geur liggies met sout. Vorm 6 viskoekies en druk effens plat. Plaas in yskas vir 30 minute. Verhit olie in pan en braai koekies tot ligbruin aan albei kante.

Kapok:

  • 500g baba-aartappels, in skil gekook
  • 300g gaar blomkool
  • 1 eetlepel botter
  • 1 eetlepel room of melk
  • seesout

Plaas eerste 5 bestanddele in mengbak (terwyl aartappels en blomkool nog warm is). Gebruik vurk en meng tot gladde mengsel. Geur met sout.

Opdiening:

  • 6 snye Italiaanse brood of 6 hale ciabattas
  • 1 knoffelhuisie
  • olyfolie

Rooster brood liggies en vryf met knoffel. Drup baie liggies met olyfolie. Skep kapok op elke sny. Plaas viskoekie bo-op. Skep hopie spinasie bo-op en bedien.