Tydens Fanie Cronjé se besoek aan New York vroeër vanjaar, het hy agtergekom hoe oogskadu-tendense verander toe hy Maybelline New York se laboratorium gaan besoek het en gesien het hoe hulle grimering maak.

Só lyk dit sedert verlede jaar.

2010 Aubergine
Donkerpers en skakerings van pers en bruin het oral geseëvier.

2011 Groen
Die Engelse tuin met sy skakerings van groen was die inspirasie hiervoor.

2012 Sampioen & saffraan
Ons sien dit nou al, maar van volgende jaar af is dit gróót.

Die toekoms: Rooi
Dis nie ’n algemene kleur vir ’n oogskadu nie, maar dis reeds op die loopplanke. Maybelline is besig om die kleur meer toeganklik te maak en as ’n trend te vestig.