Hulle was seker ek het my feite verkeerd oor die enjingrootte. Toe nie. Want toe ons 40% van die agterste sitplekke platvou en ’n bergfiets inlaai (wiele bo-op raamwerk geplaas), asook ’n paar koelsakke en losgoed, was die manne doodstil. Op die oorblywende agterste sitplek, wat nie platgeslaan is nie, was daar nog plek vir een volwassene en ’n Jack Russel!

Selfs wanneer die sitplekke nie platgevou is nie, is daar 460 liter pakplek. Die motor hanteer baie gemaklik in druk verkeer en op die oop pad, uitsig is goed, veral om te parkeer, en met die woelige enjin kan jy maklik versnel om ’n trok verby te steek.

Die afwerking van die Astra is stylvol funksioneel (leer of materiaal vir die sitplekke is beskikaar) en veiligheidseienskappe is ’n hele mondvol – o. m. elektroniese stabiliteit, ABS-remme, ses lugsakke, Isofix-ankers vir kinderstoeltjies en sy-impakstawe. Die Cosmo gaan vir seker die aandag trek van meer as net haastige hubare manne …

Prys: R286 900.

FOTO: QuickPic FOTO: QuickPic