Al hoe meer Hollywood-sterre word in ’n peplum gesien, daarom was ons bly om by die Kaapstad Modeweek dié item op die loopplank te sien. Die plaaslike ontwerper Thula Sindi het in sy nuwe reeks die silhoeët geskep met snyershemde wat van die middel af uitklok soos ’n oorromp.

Die peplum-silhoeët kan onder meer geskep word deur hemp-, romp- en rok-ontwerpe.

Die peplum is ’n pragtige vroulike snit vir die uurglas-figuur. Dit plaas die aandag op ’n smal middellyf en laat só die figuur slanker vertoon. Die illusie kan verder versterk word deur die styl saam met hoë hakke te dra.