Met die Olimpiese Spele wat afskop dié week is dit definitief 'n mode-neiging om die Union Jack op een of ander manier in jou modestyl in te werk.

Daar's eendeweer in die Kaap en koue in die noorde, so jy kán eenvoudig nie sonder waterstewels nie. Met alle oë op Londen tydens die Olimpiese Spele, kies ons dié trendy paar Hunter-stewels (R2 999).

Accessorize het 'n Union Jack-reeks van sakke (selfs ook beursies) waaroor ons dol is. Daar is die pragtige carry-on-tas (R1 499) – slegs 20 is beskikbaar in Suid-Afrika – wat perfek is vir 'n naweek weg of om saam met jou op die vliegtuig te dra.
Die Carry-on tas van AccessorizeBeursie van Accessorize

Vir meer inligting:
Accessorize 021 447 7718
Hunter 031 301 2464