Dís wat húlle van Anna-Mart sê:

"Haar skoonheid weerspieël haar persoonlikheid en intellek. Sy het siel, grasie, talent en kalmte. En bowenal ’n skerp, speelse humorsin en ’n akute persepsie van die lewe wat jy in haar oë kan sien." -
Leana Clunies-Ross, fotograaf ?van Johannesburg

"Sy het byna ’n soort ‘meisie-langsaan’-skoonheid, maar dis tydloos en haar opregtheid skyn deur. Sy is maklik om mee saam te werk omdat sy alles gee en net haarself is." - Johan Wilke, fotograaf van Kaapstad

"Sy was bloedjonk toe sy in my TV-drama Uitdraai gespeel het. Sy het toe al eienskappe soos eerlikheid, opregtheid, integriteit, nederigheid en ’n humorsin gehad. Ek dink die lesers voel dit aan, daarom sal sy altyd gewild wees!" - Annie Basson, medevervaardiger van 7de Laan

Maak 'n stelling met kontrasterende kleure en interessante bykomstighedeDie eerste foto vir SARIE se feestelike Kersfees-voorblad

Grimeerkunstenaar Alex Botha begin die oë aksentueer

Stilis Fanie Cronjé en Anna-Mart kyk na die klere vir die fotosessie

Mooi, mooier, mooiste

Fanie en fotograaf Leana bekyk die hoek waaruit 'n foto geneem is.

'n Waaier gee volume aan Anna-Mart se hare en haarstileerder, Karen van Wyngaard, hou 'n oog.

Alex doen weer 'n bietjie afronding vir die volgende foto.'n Lighartige Anna-Mart!

Dramaties en treffend! Uiteindelik die finale keuse.

Alex knap weer haar naakte lipkleur op.

Fanie verstel die top vir nóg 'n dramatiese fotoFantasie-vlinder!

Lekkerlag-oomblikkeSmeulend en speels

G'n wonder sy's een van SA se mees geliefde aktrises én voorbladgesigte nie!