Getoets deur Alida Vos

’n Groot, ruim motor vir  minder as R200 000? Wie sal nie twee keer kyk of agter die stuurwiel wil inskuif  en vasstel of die Chinese ryding waarde vir geld is nie? In die Emgrand is daar sitplek vir 5, baie pakplek in die kattebak, maar as jy kyk na al die ander eienskappe begin jy self lysies maak oor voordele en nadele.

Standaard is onder meer ’n radio en CD-speler, kragstuur, sentrale sluitstelsel, leersitplekke en syspieëls wat jy van binne verstel. Nege klein stoorplekkies in die motor en agterste sitplekke wat  60/40 kan platslaan om  groter items in te laai, asook goeie veiligheidskenmerke soos ABS-remme met EBD en lugsakke vir die bestuurder en voorste passassier tel onder die voordele.  Voeg by ’n stuurwielslot, immobiliseerder en ingeboude mini-brandblusser en die voordele-lysie word al langer.

Die 1,8 liter enjin het genoeg woema vir die snelweg en in druk stadsverkeer het die Emgrand gemaklik hanteer.

  • Jy kan kies tussen 5 kleure en daar is 2 modelle nr. die GL luxury (R159 990) en CT Executive (R174 990)

FOTO: OuickPic FOTO: OuickPic

FOTO: OuickPic FOTO: OuickPic