Ek hoop ek inspireer, motiveer en bied vir julle interessante leesstof. 

Ek begin sommer om te sê dat dit nie altyd 'n maklike, maanskyn-en-rose-proses is nie, dit gaan maar partydae vrek moeilik. Maar dis dan juis die moeilike dae wat my weer positief maak as ek die dag oorleef het. 

Soos ek vir mense sê, dis nie moeilik om nee te se vir 'n stuk koek of 'n sjokolade nie. Dis moeilik in jou kop, want om so baie gewig te verloor werk in jou kop en dis hoekom 'n mens se kop moet reg wees! 

Die inskrywing is maar net die begin, ek gaan jul weekliks vermaak met my stories, raad en wenke ek wil regtig hê julle moet vir my vrae vra en julle kan my invite op Facebook as jul nog 'n bietjie van my lewe wil sien.

Nog 'n belangrike ding, as jy wil begin gewig verloor, kry jou kop reg, doen dit vir jouself en moenie haastig wees nie. Vat dié raad, want dit is 'n feit. Moet dit nie geheim hou nie, vertel vir mense rondom jou, dis ongelooflik hoe mense 'n verskil kan maak! 

Julle almal wonder seker hoe het ek my kop geswaai en die groot besluit geneem. Ek het besluit dis vir my en vir niemand anders nie, ek het besef dis vir my gesondheid en om langer te lewe en meer uit die lewe te kry. Ek het 'n tydjie gedink of ek my lewenstyl gaan verander, want ek wou nie die ding half aanpak nie, as ek dit doen wil ek dit ordentlik doen! En toe het ek net besluit ek moet en toe het ek!  Lees volgende keer nog stories oor my besluit!

Leer my ken:

  • Ek love die kleure pienk en pers
  • 'n Rooibos cappuccino
  • Die see (net om na die water te kyk en sand te voel gee my nuwe krag!). 
  • Ek het 'n hart vir mense en sal enige iets doen vir my medemens
  • Ek is baie lief vir my ma en pa en dan my twee susters. 

Bly weg van inspuitings en kits-maniere om gewig te verloor, as ek 35 kilo’s op natuurlike manier kon doen kan jy ook!  GLO IN JOU SELF!

Tot volgende keer!

Andri van der Merwe

Hier is foto's van voor ek 35 kg verloor het:

Andri voor sy begin het met haar nuwe leefstyl Andri voor sy begin het met haar nuwe leefstyl

BeweegSA

Volg SARIE op Twitter en Facebook