Waar kom die talent vandaan?
Ek was op Pro Arte op skool en het die kunsrigting geneem. Nie veel gedoen totdat ek my veeartseny-praktyk gestaak het nie (einde 2005). Toe het ek meer tyd en plek in my nuwe huis gehad. En met ‘n mentor soos my ma binne loopafstand! (Ilse se ma is die bekende kunstenaar Marcella de Boom)
En nuwe skryfwerk?
Daar kom Augustus DV ‘n kortverhaalbundel by Protea uit. En gedigte is maar altyd in die pyplyn.
Skilder jy met ‘n tema in gedagte?
Nee wat, ek skilder maar wat van binne af uitkom.
En die medium waarin jy werk?
Akriel op bord.

*Die uitstalling open om 11h30 op Sondag, 19 April en duur tot 10 Mei by Aldebran Studio, Suikerboslaan 8, Cullinan. Galery-ure: Sat & Son: 10h00 - 16h00. Navrae: 012 734 2700.