Dilemma: My dogter en haar ke^rel slaap saam onder ons dak

My studentedogter van PE het haar ke^rel in die vakansie genooi om by ons te kom kuier . . . toe slaap hulle saam in haar kamer. Ek moes my man vashou dat hy hom nie daar gaan uithaal nie. Dit was vir ons onaanvaarbaar. Wat doen ons volgende keer?

MARLIZE HEPPELL, kliniese sielkundige van Klerksdorp antwoord:

As die vriend so komkommerkoel in haar kamer aan die slaap raak, wil dit lyk asof hulle ook saamslaap in Port Elizabeth. Aangesien jou dogter ’n jong volwassene is, stel ek voor jy bespreek die situasie rustig met haar. Sy sal dit waarskynlik verwelkom.

Stel vas of die verhouding ernstig is en of sy risiko’s soos swangerskap verstaan en voorsiening getref het. As sy van die een saamslaap-verhouding na die ander beweeg, is dit te verstane dat jy onrustig is, aangesien sy so´ ’n slegte reputasie kan kry en dit ook die gevaar van vigs en ander seksueel oordraagbare siektes kan inhou.

Sy behoort die saamslapery vooraf met julle te bespreek het sodat julle voorbereid kon wees. Dit was ’n bietjie onnadenkend van haar. Miskien voel sy effens ongemaklik daaroor en weet nie lekker hoe om dit te hanteer nie. Dalk plaas haar vriend druk op haar om saam te slaap en wil sy hom so behou ...

Die beste antwoord vorentoe? Oop kommunikasie.

Nóg dilemmas in jou November-uitgawe

  • My man is so ’n huishen
  • Ek en my suster het niks gemeen nie
  • Mense bly karring omdat ons net een kind het
  • Ons dogter bly die ewige student

sarie november sandra prinsloo tinarie van wyk loots nov sarie voorblad