Dink jy altyd in swart of wit? Gebruik jy woorde soos kan nie, niks, altyd, nooit? Leer nuut dink. Maak die gedagte spesifiek. Vervang bv.: “Niemand verstaan my nie” met “Bets het nie verstaan wat ek gesê het nie.” Swaai dan jou denke positief om: “Ek sal by Bets seker maak sy verstaan wat ek gesê het.” Oefen dit.

*Verwerk uit:
I Can Make You Happy, Paul McKenna, Random House Struik, R185.