Die internasionale modelsensasie Katryn Kruger lyk beeldskoon waar sy in 'n pretpark baljaar in die mooiste klere soos dié skepping van die Kaapse ontwerper Gavin Rajah. Die noupassende rok van maasstof wat versier is met krale en blomme se prys is wel op aanvraag – en nié R1 200 soos in die November 2012-uitgawe van SARIE (in winkels vanaf Maandag 15 Oktober 2012) aangegee nie.

Vir meer inligting oor die rok, skakel 021 424 7849 of besoek www.gavinrajah.com
Katryn Kruger in die modeblaaie van SARIE se November 2012 uitgawe