Donderdag 11 Junie is presies 1 jaar voor die amptelike afskop om 4 nm. op 11 Junie 2010. Om die aftelling na volgende jaar te vier word alle Suid-Afrikaners gevra om 'n Bafana Bafana-trui of iets geels te dra en om 4 nm. die volkslied te sing. Skakel om 3:55 nm. op enige Suid-Afrikaanse radiostasie in om die aftelling mee te maak.  Ken jy nie al die woorde van die volkslied nie? Maak seker dat jy gereed is deur hier te klik vir die volledige volkslied en die vertaling.

SARIE-fotograaf Rodger February was ook 9 Junie by die parlement in Kaapstad waar pres. Jacob Zuma vrae beantwoord het oor die staatsrede-debat en die Fifa-Konfederasiebeker uitgestal is. Die  Fifa-Konfederasiebekertoernooi word beskou as die groot kleedrepetisie vir 2010 en skop op 14 Junie by Ellis Park/Coca-Cola Park in Johannesburg af. Wedstryde word in Pretoria, Bloemfontein en Rustenbrug gespeel.