Hoekom het jy besluit om jou hare grys te dra?
Dit het mý gekies! Ek het dit eers vir baie jare gekleur, maar nuuskierigheid het my dit laat uitgroei. Ek het die grys so 5 cm lank laat word en toe die gekleurde hare afgesny. Skielik was my hare grys pleks van bruin! Soos dit gegroei het, het ek verlief geraak daarop.

Hoe laat jou grys hare jou voel?
Vry en uniek.

Wat is die inspirasie agter dié voorkoms?
Ek het pas uit ’n moeilike verhouding gekom en besluit om my ware self te wees. Ek wou vry en oop wees oor wie ek is. Ek het nou al vir ses jaar my natuurlike grys hare.

Kry jy baie komplimente?
Ja! Vreemdelinge nader my gereeld en sê dat hulle mal is oor my hare. As mense my in die aand ontmoet, dink hulle ek is blond!