Gee jou skoene ’n tweede asem hierdie feesseisoen!

Dit is tyd om fees te vier - van jou kop tot jou tone! Ons het ons ou swart hakke opdateer in net ’n paar vinnige stappe! Lees verder om te sien hoe jy ook jóú skoene vir die feestyd kan opkikker!

Stap 1

FOTO: Stap 1 (Luzanne van der Watt) FOTO: Stap 1 (Luzanne van der Watt)

Jy kan enige tipe versiering vir jou skoen kies. Kry sommer iets wat in die huis lê of besoek jou materiaal- of kunswinkel. Kies items wat by jou persoonlikheid, skoen se kleur en by die geleentheid pas.

Gebruik ’n gomgeweer of enige tipe kontakgom (kies gom wat spesiaal vir skoene is). Jy sal die gom by enige supermark vind.

Nie plek vir al jou sonbrille nie? Lees hier vir ons oplossing!

Stap 2

Ons het dié versiering gekies. Dit is ’n maklike opsie, omdat die kralewerk alreeds gedoen is en hierdie versierings sal jou ook nie te veel geld uit die sak uit jaag nie.

Smeer die gom aan jou versiering. Smeer dit veral op deeltjies wat uitstaan en die deeltjies wat geneig is om vas te haak of om te krul.

Stap 3

Druk die versiering styf vas en druk jou vingers vir ’n paar sekondes op die skoen.

Stap 4

Nóg meer glans

Stap 1

FOTO: Stap 1 (Luzanne van der Watt) FOTO: Stap 1 (Luzanne van der Watt)

Benodighede: gom, blinkers, ’n oppervlakte waarop jy kan werk en jou skoene.

Stap 2

Gebruik kleefband om om die skoen se hak te bind. Plak dit styf teen die ronding van die hak.

Stap 3

Spuit die gom op jou hak. Ons het gekies om hierdie spuitkannetjie-gom te gebruik, omdat die gom eweredig versprei word. Daarna kan jy die hak net in die blinkers druk.

Ons blinkers was in ’n sakkie, maar anders kan jy altyd die blinkers in ’n bakkie gooi of net self die blinkers oor die hak strooi.

Stap 4

FOTO: Stap 4 (Luzanne van der Watt) FOTO: Stap 4 (Luzanne van der Watt)

Trek die kleefband af. Skud ook die hak, sodat die los blinkers afval. Herhaal stap 3 as jy nóg blinkers wil hê.

Stap 5