Die oogkundiges Bernard en Vilene Schoeman het die afgelope paar jaar in ooghospitale in Afghanistan gewerk. Hulle is nou terug in SA waar hul nuwe projek, InUveo, mense help om weer te sien. Bernard vertel: "God se wonder en liefde leef op die grense van ons wêreld waar mense dit die nodigste het. En om iemand anders 'n kans te gee om weer te kan sien, is gróót!

"InUveo (saam met The Butterfly Foundation) gaan uit na gemeenskappe waar ons oogtoetse doen en mense van brille voorsien. Ons vat ook vriende saam, wat sommer help verf aan die skole. Ons kan nie wegkyk van die nood om ons nie.

"Ons het stories van hoop nodig, en daar is baie. 'n Mens se harde selfhart versag, jy raak bewus van God waar jy hom nie verwag nie. Iets verander in jou binneste wanneer iemand wat vir jare nie kon lees of skryf nie jou huilend omhels, dankbaar vir 'n nuwe kans."