Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Dis algemeen dat mens met tye méér verlief op jou maat gaan wees -- en ander tye glad nie. Net so gaan jy soms fisiek minder aangetrokke tot hom/haar voel. Hopelikis jy meestal verlief en aangetrokke, anders sou die lewe onuithoudbaar gewees het. Is daar ‘n spesifieke rede hoekom hy jou nie meer fisiek opgewonde maak nie? Het hy baie gewig aangesit, is hy vervelig, is jy kwaad vir hom? Miskien is daar iemand anders wat jou boei; dalk het jy jou man ``ontgroei'' en wil jy sonder hom met die lewe aangaan. As dit iets is wat reggestel kan word, werk daaraan. Jy moet egter ook besef daar is nie een of ander magiese middel wat jou weer aangetrokke tot hom gaan laat voel nie. Veral as jou begeerte nooit juis hoog gebrand het nie. Gaan eers vir individuele terapie -- en kry daarna saam as ‘n paartjie professionele hulp. Besoek dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.