Dis ‘n verligting want ek is nooit lus vir seks nie. Voor die kinders se koms was dit lekker maar ek het nooit ‘n orgasme gehad nie. Ek is bang ek verloor hom." Dr. Eve, bekende seksterapeut van Kaapstad, antwoord: ``Jou probleem is algemeen by vroue van jou ouderdomsgroep: Sowat 43% het nie lus vir seks nie en 31% het nog nooit ‘n orgasme gehad nie. Hoekom gebeur dit só dikwels as jy klein kinders het? Navorsing wys jy is moeg, jou man help dalk nie genoeg met die huistake nie en veranderinge aan jou liggaam ná geboorte laat jou minder begeerlik voel. Doen dinge wat jou daaraan herinner dat jy ‘n vrou is. Wees selfsugtig: doen inkopies, gaan vir ‘n massering, dans, wat jy ook al vol lewe laat voel. Gebruik ‘n spieël en ontdek tot dusver onbekende dele van jou liggaam. Aan die begin gaan jy dalk skaam voel, maar dit sal makliker word. Neem jouself onder hande – letterlik. Dis moeilik om ‘n orgasme te kry en jy moet weer en weer probeer – op jou eie. Tot jy deur die klankgrens bars. Glo my, hy sal dan gereeld die vullis uitsit. Nooi hom daarna in jou boudoir.“ 

*Besoek dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za