My man is geduldig maar soms sukkel ons 'n uur lank - en gooi dan tou op. Ek kry nie 'n orgasme nie en is baie skaam daaroor. Is daar enigiets wat ek kan koop wat my daarmee sal help? My ginekoloog sê daar is fisiek niks met my verkeerd nie. Ek is desperaat en trane. Ek voel soos 'n ronde nul en my man is al moedeloos.  

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek is altyd op my hoede as 'n seksuele probleem skielik ontwikkel. Gaan eerstens vir 'n volledige mediese ondersoek. Laat jouself toets vir leefstyl-siektes soos hoë bloeddruk, cholesterol, bloedsuiker en trae skildklier. As daar fisiek niks met jou skort nie, dink dan wat het sewe maande gelede in jou lewe gebeur. Dalk stres weens geld of werk, of familieprobleme. Het enigiets in jou en jou man se verhouding verander? 'n Droë vagina en onvermoë om 'n orgasme te kry, beteken jy word nie seksueel heeltemal geprikkel nie - dat jy dus nie genoeg gestimuleer word nie. Vroue het dikwels dié probleem omdat hulle nie hul liggame en seksuele behoeftes ken nie. Lees my boek, Pillowbook (Oshun 2007), vir inligting en 'n program wat jy kan volg om meer selfvertroue in jou eie seksualiteit te kry.

Besoek haar webblad by www.dreve.co.za