In die laaste tyd sê hy ek is te lief daarvoor. Dat ek moet afskaal. Is ek verslaaf aan seks, of is dit normaal? Dis vir my lekker om seks met hom te hê.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Dis verfrissend om 'n vrou te hoor sê sy geniet seks. Vroue is eeue lank oor dié rede sleggemaak. Later het ons daaroor geswyg. As ons openlik seksueel was, is ons ''hekse'' genoem en op die brandstapel gegooi. Ons  word ''nimfomane'' en meer onlangs seks verslaafdes genoem. Jy is moedig om jou vriend te wys jy geniet seks. Ek is jammer hy laat jou sleg voel daaroor. Natuurlik hou jy van seks met die man wat jy liefhet. Hoekom nie? Ek wens meer vroue wil dit erken: Jy sou dan nie so alleen en ''abnormaal'' gevoel het nie. Vertel hom om op te hou om jou te beledig; dat hy goed moet voel omdat jy seks met hom geniet. Dis nie nodig dat hy net so lief daarvoor moet wees nie. Maar hy moet jou seksualiteit eer en respekteer en jou nooit skaam daaroor laat voel nie.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.