Weens beroerte is ek aangeraai om nie meer hormoonvervangingsterapie (HVT) te gebruik het. Sedert my histerektomie het ek en my man baie min omgang - dis nie meer lekker nie. Dis seer en ek bloei daarna.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Jou ervaring is natuurlik vir vroue met 'n tekort aan estrogeen, soos ná 'n algehele histerektomie. Jy gebruik HVT om jou estrogeen te vervang sodat jou lewensgehalte kan verbeter. Maar ná jou beroerte het jy nou weer 'n tekort aan estrogeen - en dus simptome van die menopouse. Jou seksuele begeerte en sensasies verminder dan. Die gevolg is 'n lastige en pynlike simptoom: te min vaginale smering. Omgang is pynlik en jy kan selfs met penetrasie bloei. Vra jou ginekoloog vir 'n lokale vaginale estrogeen-room of setpille. As jou ginekoloog daarteen is, vra of jy 'n vaginale vogmiddel soos Replens kan gebruik. Gebruik ook 'n silikoon-gebaseerde smeermiddel vir penetrasie. Vir meer sensasie probeer 'n kragtige seksspeelding soos Magic Wand, beskikbaar op my webblad, of kontak my spreekkamer.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.