VRAAG:

Dit was nog altyd pynlik om seks te hê. Ek het dit maar net verduur om my man gelukkig te maak. Sedert my kind egter met 'n keisersnit gebore is, kan my man my glad nie meer penetreer nie. Hy is ondersteunend, maar raak al hoe meer gefrustreerd.

Dr. Eve antwoord:

Genitale pynversteuring verwys na alle pyn in jou geslagsdele - en daar is nogal baie soorte. Almal word as angsversteurings behandel. Pyn in jou geslagsdele is dus as gevolg van angs.

Daar kan baie redes daarvoor wees. Jy is dalk gemolesteer, of verwag dit gaan pynlik wees, of het aanmekaar sproei (thrush). Jy het heel moontlik grootgeword in 'n konserwatiewe, dalk godsdienstige huis waar seks 'n taboe-onderwerp was. Jy voel nie gemaklik met jou lyf en weet nie genoeg daarvan om seks regtig te geniet nie. Jou vagina is nie jou beste vriendin nie.

Jou vagina is dus lank gepenetreer terwyl dit nie seksueel geprikkel is nie. Dit moet nooit gebeur totdat jy nie heeltemal gestimuleer is nie. Want dit veroorsaak chroniese genitale pyn - en dan is seks nie meer lekker nie en jy is nie lus daarvoor nie. Die kans is goed dat jy vaginismus ontwikkel het, wat beteken die spiere rondom jou vagina gaan in 'n spasma. Dit voel asof 'n steenmuur die ingang na jou vagina versper - en dis te pynlik om te penetreer. Dis belangrik dat jy jou ginekoloog besoek sodat hy/sy kan bepaal watter soort genitale pynversteuring jy het. Dit word behandel met 'n kombinasie van berading vir jou en jou man, seksterapie, massering van jou bekkenvloer (dit word deur 'n fisioterapeut gedoen wat daarin spesialiseer), en selfs medikasie. Chirurgie is selde die beste oplossing. *Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za