Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek raai jy en/of jou man het seks tot na die huwelik uitgestel. Dit moet dus 'n skok vir jou wees. Of miskien was daar tekens van sy lae libido of gebrek aan belangstelling in seks, maar jy het dit verskoon. Daar kan baie redes wees waarom 'n man nie in seks belangstel nie. Dalk voel hy nie seksueel aangetrokke tot sy vrou nie, of hy gebruik die huwelik om weg te steek dat hy tot mans aangetrokke voel, of hy voel ontoereikend, skaam en onervare. Kry professionele hulp, verkieslik saam met hom. As hy weier, gaan alleen. Jy het ondersteuning nodig om nie jou selfrespek en vertroue is jouself as vrou te verloor nie.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za