Hy het sy broer en skoonsuster betrek en na 'n hewige argument het ek ingestem. Ek het egter daarna vuil en goedkoop gevoel en gesê dis die laaste keer. Toe vang ek hom en sy skoonsuster in die bed. Hy het belowe om te verander. (Nes die keer voor ons troue toe ek hom met  my tweelingsuster gevang het, foto's van 'n kaal vrou op sy selfoon gekry het. Daar was ook vreemde selfoon-boodskappe en oproepe deur die jare waarvan ek nie sin kon maak nie. Hy weier nou om intiem met my te wees en ek wil graag 'n baba hê. Hy het seks al vantevore gebruik om my te manipuleer. Hy weier om vir berading te gaan.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Jy man behandel jou sleg en ek kan nie sien dat dit gaan verander nie, dat hy sy selfsugtigheid, manipulasie en verraad gaan herken nie. Hy het die kernreëls van familievertroue en ordentlikheid geskend. Hy het 'n geheime pornografiese lewe. En nou pers hy jou emosioneel af om seksueel aan sy behoeftes te voldoen - in ruil vir 'n baba! Gaan soek asb. berading vir jouself, jy het ondersteuning nodig om dié emosioneel afbrekende situasie te hanteer.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za