Deesdae moet my klitoris egter ook gestimuleer word. Seks is vir hom belangrik en hy wil dit minstens een keer per dag doen. Dis nie vir my 'n probleem nie. Hy is ongelukkig dat dit my deesdae so lank neem om 'n orgasme te kry. Voorheen was dit makliker en vinniger. Hy praat aanmekaar daaroor. Ek is bang ek gaan hom daaroor verloor.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Ek kan seker sê hy is jonk en oningelig oor vroue en hul orgasmes. Maar iets maak my ongemaklik. Is dit die dringende toon van jou brief? Jou desperate pogings om hom te oortuig dat jy seks met hom geniet, ten spyte van die verandering in die manier hoe jy 'n orgasme kry? Die druk wat hy op jou sit om daagliks seks te hê en om die soort orgasme te kry wat hy as''normaal'' beskou? Jou desperate behoefte om hom gelukkig te hou, maak my ongemaklik. Jy weet natuurlik dit sal jou moeiliker 'n orgasme laat kry. Ek vra jou om die verhouding te oordink: Probeer hy jou op ander gebiede ook beheer? Is hy besitlik? Voel jy in die algemeen gespanne by hom? Wees gewaarsku: Dis die vroeë stadium van mishandeling. Sorteer jul verhouding uit - daar is waarskynlik niks verkeerd met jou orgasmes nie.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.