Dis seer as ek seks het en toilet toe gaan. Ek kry die skeurtjies selfs al gebruik ek KY-jellie. My verloofde ejakuleer ook te gou. Ons was by mans-klinieke maar dit lyk nie of die medikasie help nie.

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord:

Dit voel seker oorweldigend vir jou. Jy kry seer en hy kom boonop te gou. Julle kry nie een juis seksuele bevrediging of plesier nie. Daar kan baie redes wees waarom vroue pyn het. Jy sê joune is weens 'n droë vagina. Die vraag is nou hoekom jou vagina droog is. Hoekom word jy nie genoeg geprikkel nie? Die mees algemene rede is dat jy nie genoeg seksuele stimulasie kry nie. Jy kry dus nie die soort aanraking wat jou ''opwerk'' nie. Dalk is jy nie seker wat dit is nie of jy is bietjie skaam om jou verloofde te wys.

Jy verwag teen die tyd dat seks pynlik gaan wees. Daarom vrees jy dit en probeer dit vermy. Selfs al is jy gewillig, trek jy steeds jou spiere in afwagting op die pyn saam. Die spiere om jou vagina gaan dan in 'n spasma en maak penetrasie moeilik.

Jou verloofde is duidelik ook angstig en dit het 'n invloed op sy vroeë ejakulasie-probleem. Hy kan ook nie seks geniet as hy weet jy kry seer nie.

Ek stel voor julle vermy penetrasie 'n rukkie. Fokus op gevoelens, reuke, hoe die ander een se lyf voel en om gemaklik en ontspanne in jou eie lyf te wees. Ek wonder hoe gemaklik jy daarmee is. Lees my boek Pillowbook (Oshun 2007), as gids om jou lyf te leer ken, te geniet en te beleef. Neem beheer daaroor in plaas daarvan dat dit jou van pyn laat ineenkrimp. Jou verloofde moet alleen masturbeer en leer om sy ejakulasie te vertraag. As julle weer met penetrasie begin, moet hy leer om saam met jou te werk om sy stoot-bewegings te beheer. Medikasie is nie nodig nie. Leer om te ontspan en gemaklike, ontspanne seks met mekaar te hê. Probeer ook 'n sterker smeermiddel as KY-jellie, soos Pjur or Good Clean Love uit my reeks op my webblad.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za.