Sy is 'n diabeet en spuit haarself met insulien in. Sy is ook op medikasie vir 'n stadige skildklier. Wie kan help, 'n seksuoloog of ginekoloog?

Dr. Eve, seksterapeut van Kaapstad, antwoord: Ek sou aanbeveel dat sy die dokter/spesialis raadpleeg wat haar diabetes en skildklier behandel. Diabetes, 'n stadige skildklier en die medikasie vir albei toestande het alles 'n uitwerking op haar seksualiteit. Sy moenie haarself daarvoor verkwalik nie, maar dis 'n probleem vir jul verhouding. Om lus te wees vir seks en dit lekker te vind, moet 'n vrou se hormone in balans wees. Goeie bloedvloei en senuwees wat werk is ook nodig. En natuurlik 'n goeie verhouding met haar maat. Haar chroniese siekte dwarsboom dit en sy kan nie die insulien los nie. Haar spesialis moet voorstelle maak hoe sy haar seksualiteit weer kan laat herleef. Julle moet bv. 'n smeermiddel gebruik vir voorspel en penetrasie. Watergebaseerde smeermiddels soos my handelsmerk (Dr. Eve Lube of Systems Jo Agape (www.dreve.co.za), is uitstekend. Sy moet haar spesialis vra of sy 'n lokale estrogeen vaginale vervangingsroom kan gebruik, wat beter vaginale smering sal beteken en dus die pyn sal verminder. Sy moet ook 'n vibrator gebruik vir ekstra stimulasie aan haar geslagsdele. Dit kan haar dalk boonop help om in die luim vir seks te kom. Ek beveel die Layaspot aan vir klitorale stimulasie en die BSWISH BGOOD om haar lus vir seks te maak.

Besoek Dr. Eve se webblad by www.dreve.co.za